Die •Fariseërs en •Sadduseërs het toe nader gekom om Hom te toets, en Hom gevra om vir hulle 'n teken uit die hemel te wys. Daarop het Hy hulle geantwoord: “In die laat namiddag sê julle, ‘Dit sal mooi weer wees, want die hemel is rooi.’ En vroegoggend, ‘Vandag is dit stormweer, want die hemel is rooi en dit raak betrokke.’ Julle weet dus hoe om die voorkoms van die hemel te beoordeel, maar nie die tekens van die tye nie? 'n Bose en owerspelige geslag vra 'n teken, maar geen teken sal aan hulle gegee word nie, behalwe die teken van Jona. ” En Hy het hulle agtergelaat en weggegaan.
Lees Matteus 16
Deel
Vergelyk alle weergawes: Matteus 16:1-4
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's