Matteus 13:5-9

Matteus 13:5-9 DB

Van die ander saad het op die groot rotse in die land geval. In die holtes van die rotse was daar grond. Die saad het gou opgekom, maar kon nie wortels maak in die vlak grond nie. Daarom kon die plantjies nie grootword nie. Die son het hulle gou doodgebrand. Van die saad het ook tussen lae doringbosse beland. Soos die bosse groter geword het, het dit die plantjies heeltemal doodgedruk. Dan het daar ook saad in die land self geval waar die grond goed voorberei was. Daardie plante het goed gegroei en ’n oes gegee wat alle verwagtings oortref het. “Hoor julle wat Ek vir julle sê? “Asseblief, luister mooi!”