Maleagi 2:13-16

Maleagi 2:13-16 DB

Daar is nog iets wat julle doen. Julle kerm en kreun en huil omdat die Here volgens julle nie julle offers wil aanvaar nie. Maar daar is ’n rede daarvoor. Dis omdat die Here weet dat jy ontrou geword het aan die vrou met wie jy getrou het toe jy jonk was. Sy was nog altyd jou maat wat daar was vir jou in goeie en moeilike tye. Maar jy het al jou troubeloftes teenoor haar gebreek. Niemand wat nog ’n bietjie verstand het, maak só nie. Wat dink jy was God se doel toe Hy julle in die huwelik soos een mens gemaak het? Was dit nie juis dat julle kinders sou hê wat God sou ken en dien nie? Maar as jy so maak, gaan dit nie gebeur nie. Moenie toelaat dat jou emosies so met jou weghardloop dat jy die kosbaarste besitting wat jy het deur swak besluite verloor nie. “Ek haat egskeiding!” sê die Here, die God van Israel. Ek kan dit nie verdra as iemand so gevoelloos teenoor sy vrou optree nie. Dink mooi na oor wat jy doen en moenie jou belofte om aan jou vrou getrou te wees sommer net breek nie.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Maleagi 2:13-16

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid