Maleagi 2:13-16

Maleagi 2:13-16 AFR20

Die tweede ding wat julle doen, is dat julle die altaar van die HERE met trane bedek, met 'n geween en 'n gesug, omdat Hy nie meer ag slaan op julle offers nie en dit nie gunstig aanvaar nie. En dan vra julle: “Waarom?” Omdat die HERE self as getuie optree tussen jou en die vrou met wie jy getroud is toe jy jonk was en teenoor wie jy ontrou is, terwyl sy jou lewensmaat is en 'n vrou van dieselfde verbond as jy. Hy het nie net één mens gemaak nie, maar ook 'n geesgenoot vir die mens, waarna dié een mens op soek was, 'n goddelike geslag. Bewaar daarom julle gees van eensgesindheid. Moenie ontrou wees aan die vrou met wie jy getroud is toe jy jonk was nie. Want Hy haat egskeiding, het die HERE, die God van Israel, gesê. So iemand het hom met geweld omhul, het die HERE, Heerser oor alle magte, gesê. Bewaar daarom julle gees van eensgesindheid: Moenie ontrou wees nie, het die HERE, Heerser oor alle magte, gesê.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Maleagi 2:13-16

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid