Toe Jesus hierdie verhaal klaar vertel het, het Hy sy reis na Jerusalem voortgesit. Hy kom toe by Betfage aan die voet van die Olyfberg, nie ver van Jerusalem af nie. “Gaan gou na Betfage toe,” sê Jesus vir twee van sy volgelinge. “Nes julle die dorp inkom, sal julle ’n jong donkie daar kry. Niemand het nog ooit op hom gery nie. Bring hom vir My. As iemand vra wat julle doen, sê dan: ‘Die Here het hierdie donkie nodig.’” Die twee volgelinge het toe na Betfage gegaan en die jong donkie daar gekry. Terwyl hulle hom losmaak, kom sy eienaars daar aan en sê: “Wat vang julle aan? Hoekom maak julle die donkie los?” “Die Here het hom nodig,” het hulle geantwoord. Hulle bring toe die donkie na Jesus toe. Daarna het die dissipels hulle klere gevat en ’n saal vir Hom gemaak waarop Hy kon sit. Toe Jesus begin ry, het hulle hulle klere uit respek voor Hom in die pad neergesit. Toe Jesus naby die lang afdraande kom wat van die Olyfberg af na Jerusalem toe loop, het ’n groot klomp van sy volgelinge begin om God hardop te loof en te prys. Hulle was baie bly oor al die groot dinge wat Hy gedoen het. Hulle het Jesus soos ’n koning daar in Jerusalem verwelkom en hard uitgeroep: “Prys Hom wat as Koning in die Naam van die Here kom! Nou seëvier God se hemelse vrede. Al die eer kom die allerhoogste God toe.” ’n Klompie Fariseërs wat ook in die skare was, was baie geskok oor hierdie woorde. Hulle sê toe: “Leermeester, hou jou dissipels in toom! Jy kan mos nie toelaat dat hulle sulke dinge oor jou sê nie!” Jesus antwoord: “En waarom nie? As hulle sou stilbly, sou die klippe hier langs die pad dieselfde oor My uitroep!” Toe Jesus naby Jerusalem kom, was Hy baie hartseer. Terwyl die trane oor sy wange loop, sê Hy
Lees Lukas 19
Deel
Vergelyk alle weergawes: Lukas 19:28-41
8 Days
God is mysterious, eternal, immortal, invisible, the only God. Our lives, however, can become mundane, tedious, and cold. This 8-day study will renew your reverent awe toward our Creator, and inspire your worship to become more profound, spontaneous, and authentic. Explore the wonder of the nature of God, and learn why He deserves our unabashed worship and adoration! This plan is written by Amy Groeschel, and is a part of her SOAR with God study. To continue this Free SOAR Bible study go to www.SoarwithGod.com.
The final week in the life of Jesus was no ordinary week. It was a time of bittersweet goodbyes, lavish giving, cruel betrayals and prayers that shook heaven. Experience this week, from Palm Sunday to the miraculous Resurrection, as we read through the Biblical account together. We will cheer with the crowds on Jerusalem’s streets, shout in anger at Judas and the Roman soldiers, cry with the women at the Cross, and celebrate as Easter morning dawns!
31 dae
Ooggetuies lig die goeie nuus in wat Lukas vertel van Jesus se verhaal van geboorte tot dood tot opstanding; Lukas vertel ook Sy leringe wat die wêreld verander het. Reis daagliks deur Lukas terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's