“As ’n man by ’n ander man se vrou slaap, moet hulle al twee doodgemaak word. As ’n man by een van sy pa se vroue slaap, bring hy sy pa in die skande. Al twee is skuldig en hulle moet doodgemaak word. As ’n man by sy skoondogter slaap, het hulle skande gemaak. Albei is skuldig. Hulle moet doodgemaak word. As ’n man seksueel met ’n ander man verkeer soos met ’n vrou, het hulle iets baie leliks gedoen. Hulle is al twee skuldig en al twee moet doodgemaak word. Dit is ’n skande as ’n man gemeenskap het met sy vrou sowel as sy skoonma. Hulle al drie moet met vuur verbrand word om sulke skandelike gedrag onder julle stop te sit. ’n Man wat seks het met ’n dier moet doodgemaak word en die dier moet doodgeslaan word. As ’n vrou met ’n dier verkeer, moet sy en die dier doodgemaak word.
Lees Levitikus 20
Deel
Vergelyk alle weergawes: Levitikus 20:10-16
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's