Josua 14:10-13

Josua 14:10-13 DB

Soos jy kan sien, het die Here sy belofte aan my nagekom dat ek lewe en ook in die Beloofde Land sou ingaan. Vyf en veertig jaar gelede het die Here dit vir Moses gesê terwyl ons nog in die woestyn rondgetrek het. Wel, kyk na my, ek is nou ’n man van 85 en ek is nog net so sterk soos die eerste dag toe Moses my die land in gestuur het. Ek is nog tot enigiets in staat, selfs om oorlog toe te gaan. My versoek is dat jy nou vir my die berggebied sal gee waarvan die Here daardie dag gepraat het. Jy sal onthou dat die Enakiete in hulle versterkte stede daar bly, maar as die Here by my is, sal ek hulle kan verdryf soos Hy belowe het.” Hierop het Josua vir Kaleb geseën en Hebron aan hom as sy besitting gegee.

Video for Josua 14:10-13