Jeremia 45:3-4

Jeremia 45:3-4 DB

Jy het gesê: ‘Dit is klaarpraat met my! Ek kry alreeds so swaar en dan maak die Here my probleme net nog meer. Ek is al so moeg van my eie gesug en gekla, ek kan net nie rus kry nie.’ “Baruk, dit is wat die Here sê: ‘Ek is nou besig om af te breek wat Ek self opgebou het. Ek gaan die mense van Juda uitroei soos Ek ’n boom uit die grond sal uittrek, wortel en al. So sal dit oor die hele land gaan.