Jeremia 23:3-4

Jeremia 23:3-4 DB

Daar is van my mense wat sal oorleef in die lande waarheen Ek hulle verdryf het. Ek sal hulle almal bymekaarmaak,” sê die Here. “Ek sal hulle terugbring na hulle eie land waar hulle gebly het. Hulle sal baie kinders hê en weer baie meer mense word. Dan sal Ek nuwe leiers vir hulle gee wat mooi na hulle sal kyk. Hulle sal nooit ooit weer bang hoef te wees nie. My mense sal ook nie weer verneder word nie. Verder sal nie een van hulle wegraak of verdwyn nie.”