Kom nou; luister ’n bietjie na julleself. Julle sê: “Ons gaan sommer nou of miskien môre na daardie stad toe. Daar gaan ons ’n jaar bly. Ons gaan lekker besigheid doen en sakke vol geld maak.” Sê my, weet jy presies wat môre gaan gebeur? Kan jy dit regtig sê? Dink maar aan die lewe. Dit is so onseker en kortstondig. Dit is soos weerlig wat slaan. Die een oomblik is dit helder daar, maar die volgende oomblik is dit weg. Erken liewer dat die Here julle hele lewe beheer. Sê liewer: “As ons môre nog leef, sal ons dit of dat doen. Maar dit hang eintlik alles maar van die Here af.” Julle praat egter so groot asof alles net van julle alleen afhang. Dit is verkeerd, hoor! Die Here hou nie daarvan nie.
Lees Jakobus 4
Deel
Vergelyk alle weergawes: Jakobus 4:13-16
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's