Jakobus 4:13-14

Jakobus 4:13-14 DB

Kom nou; luister ’n bietjie na julleself. Julle sê: “Ons gaan sommer nou of miskien môre na daardie stad toe. Daar gaan ons ’n jaar bly. Ons gaan lekker besigheid doen en sakke vol geld maak.” Sê my, weet jy presies wat môre gaan gebeur? Kan jy dit regtig sê? Dink maar aan die lewe. Dit is so onseker en kortstondig. Dit is soos weerlig wat slaan. Die een oomblik is dit helder daar, maar die volgende oomblik is dit weg.