God werk anders as ons met mense. Vir Hom is daardie arm man of vrou wat in nederige omstandighede bly, baie belangrik. Vir julle met wie dit so gaan, moet dit baie moed gee. Die rykes in die groot huise moet weet dat die status wat geld gee, nie by God tel nie. Sulke mense moet liewer laag by God se voete gaan sit met die besef van hoe klein hulle eintlik voor God is. En weet julle hoekom? Laat ek ’n voorbeeld gebruik. Rykdom of status hou nie lank nie, net soos ’n wilde blommetjie in die veld. In die oggend lyk die blommetjie te pragtig. Maar dan begin die son bak. Teen die middag hang daardie mooi blommetjie verlep en teen die aand is daar niks van hom oor nie. Die blaartjies lê saam met die mooiheid van die blommetjie verskroei op die grond. So is die pad van rykdom. Die ryk man sal tussen al sy status en geld ook maar soos die blommetjie verlep en sterf. En wat help dit alles hom dan? Die Here gebruik slegte of moeilike dinge in ons lewe om te kyk of ons lojaal aan Hom gaan bly. Ware geluk is om dié toets met vlieënde vaandels te slaag. God noem sulke mense wenners in die lewe. Hy sal hulle deel van sy familie maak. Hulle sal vir altyd by God kan bly omdat hulle deur hulle optrede gewys het hoe lief hulle Hom het. Een fout moet ons egter nie maak nie. Ek kan nie sê dat God die Een is wat al die slegte dinge oor my bring net om my te toets nie. Met sulke speletjies hou God Hom nie op nie. Dit is nie asof die een of ander bose mag God aan sulke toetse kan onderwerp of dat God mense daaraan onderwerp nie. Nee, dinge wat ’n geestelike stryd in jou lewe veroorsaak, is jou eie skuld. Die mens begin aan allerhande verkeerde dinge dink en wil dit dan net doen. Soos ’n kind wat agter ’n skoenlapper aanhardloop, lok die verkeerde gedagtes die persoon al hoe dieper die moeilikheid in. Dan word jou Christenskap voor ’n toets gestel. Jy moet kies. As jy kies om op die verkeerde pad aan te gaan, sal jy later nie net oor die verkeerde dinge dink nie, maar dit ook begin doen. En hoe meer jy dit doen, hoe meer sal jy dit wil doen. So werk die sonde met ’n mens. Dit is die pad na die afgrond, die afgrond van godverlatenheid en die dood.
Lees Jakobus 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: Jakobus 1:9-15
7 Days
Suffering can be perplexing. God’s people—and even Jesus himself—have often asked the “Why?” question when facing suffering. Scripture pulls back the curtain to reveal some, though not all, of God’s purposes in permitting suffering to enter our lives. Through it all, we are called to persevere faithfully, resting in the assurance of ultimate victory and eternal reward.
18 Dae
As jy 'n gelowige in Jesus Christus is, dan moet jou optrede jou nuwe lewe weerspieël; stel jou geloof in aksie. Reis daagliks deur Jakobus terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
27 Dag
Die boek van Jakobus word dikwels vergelyk met die wysheidsliteratuur wat in Spreuke gevind word. Dit is 'n kort boek, maar is gevul met kragtige lesse oor 'n godsvrugtige lewe. In hierdie 4 weke Love God Greatly studie kyk ons dieper na God se wysheid oor lyding, die krag van gebed, die belangrikheid om die tong te beheer, en die gevare van rykdom. Jakobus daag ons uit om nie net te praat nie, maar om tot die daad oor te gaan; om ons geloof uit te leef in 'n moedige strewe na heiligheid. Maar omdat niemand van ons perfek is nie, is dit belangrik om Jakobus te lees deur die lens van die evangelie. Soos jy hierdie boek bestudeer, soek na die dinge waar jy tekortskiet en bely dit, word bemoedig deur Christus se oorvloedige genade en word gemotiveer om 'n godsvrugtige lewe te leef deur Sy krag en vir Sy glorie.
28 Days
Do you feel overwhelmed, dissatisfied, and stuck in a rut? Wishing your day-to-day life could improve? God's Word is your guide to brighter days. During this 28-day reading plan, you will discover ways you can go from living just a good life to living the type of better life that God desires you to have.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's