Die Gees van my Heer, die Here, het in my lewe gekom. Die Here het my die krag gegee om goeie nuus te bring vir dié wat moedeloos is. Ek tel dié op wat neerslagtig is. Vir hulle wat in die tronk sit, sê ek dat hulle vrygelaat gaan word. Vir hulle wat toegesluit is, kondig ek aan dat hulle sal uitkom. Hy stuur my om hulle wat sit en huil te troos. Hy laat my aankondig dat die tyd gekom het dat die Here sy volk gaan bevry en sy vyande gaan straf. Vir hulle wat in Sion sit en treur, gee Hy feesklere in ruil vir begrafnisklere. Hulle sal ophou treur en baie bly word. Hulle moedeloosheid sal plek maak vir vrolikheid. Hulle sal wees soos regop bome wat die Here geplant het om te wys hoe groot Hy is. Hulle sal geboue herstel wat lank verwoes gelê het. Plekke wat vroeër afgebreek was, sal hulle weer opbou. Hulle sal dorpe wat geslagte lank verwoes gelê het, nuut maak. Buitelanders sal vir julle werk. Hulle sal julle skape oppas en op julle landerye en in julle wingerde vir julle werk. Julle sal die Here se werkers genoem word. Mense sal van julle praat as God se dienaars. Julle sal die geld van die nasies kan gebruik om van te lewe. Julle sal dit alles besit. Julle sal nie verder bespot en beledig word nie. In die plek daarvan sal julle in julle land twee keer soveel besit as wat julle tevore gehad het. Julle blydskap sal geen einde hê nie.
Lees Jesaja 61
Deel
Vergelyk alle weergawes: Jesaja 61:1-7
5 Days
Many times what we see as our biggest regrets, failures and mistakes become what God uses the most in our lives. God transforms our brokenness into something more beautiful than we can even imagine. He takes our mess and creates a masterpiece. God is the artist and our lives are His canvas. What will you allow Him to create from the broken pieces in your life? In this 5-day plan, you will read scripture and better understand how broken crayons still color.
When Kim's three-year-old son passed away, she found plenty of resources on grieving. She says what she really needed, though, “was someone who would give me advice for living, not just grieving.” In this five-day devotional, Kim will share a raw vulnerability, a deep well of wisdom, and the knowledge of someone who’s been there as she walks grieving parents through the life-after-death process and surviving the sorrow of loss.
7 dae
Voel jy dat jy iets spesiaals het om die wêreld te bied, maar onsekerheid of vrees hou jou terug? God roep jou om te skep. Hoe weet ek dit? Ons smag daarna om te skep omdat ons na die beeld van die Skepper gemaak is. Of dit nou 'n besigheid, gesin, bediening of boek is, ons Skepper God het ons 'n diep begeerte gegee om saam met Hom te skep.
9 Dae
Deur die loop van die lewe ervaar almal van ons pyn, verwerping, onsekerheid, konflik en teleurstelling. Dit lei onvermydelik tot vrae oor die lewe en die doel van die lewe. Daar is ongelukkig nie voldoende antwoorde op alle vrae nie. God gee egter meer as voldoende antwoorde in die Skrif sodat ons sinvol en met vreugde kan lewe.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's