Mense het die rug vir hom gedraai. Hy het swaargekry. Hy het geweet wat lyding is. Mense het hom vermy. Ons het niks van hom gedink nie. Hy het al die siektes gehad wat ons eintlik moes gehad het. Hy het die pyn ervaar wat ons eintlik moes ervaar het. Maar ons het gedink dit is God wat hom vir sy eie oortreding straf. Hy is gewond as gevolg van ons opstand teen God. Hy is doodgemaak omdat ons sonde gedoen het. Hy moes die prys betaal wat ons lewe kon herstel. Hy is stukkend geslaan sodat ons weer gesond kon word. Ons almal was soos skape wat verdwaal het. Elkeen het sy eie koers gekies. Maar die Here het al ons sonde op hom laat neerkom. Hy is sleg behandel. Tog het hy nie ’n woord gesê nie. Hy was so mak soos ’n lammetjie wat weggevat word om geslag te word. Hy was so stil soos ’n skaap wat geskeer word. Hy is gevonnis en uit die tronk weggevat om tereggestel te word. Wie het daaroor gedink dat hy doodgemaak kan word, dat hy ter wille van sy volk tereggestel kan word? Hy is by misdadigers begrawe. Sy graf is tussen sondaars, al het hy hom nooit aan geweld skuldig gemaak nie, selfs nie eens leuens verkoop nie. Die Here wou gehad het dat hy in ons plek geslaan moes word en in ons plek seerkry. Omdat hy homself aangebied het om ander se straf te dra, sal daar vir hom ’n nageslag wees. Sy naam sal nog lank bly lewe. Hy het gedoen wat die Here gedoen wou hê. Nadat hy so swaargekry het, sal hy sien wat daarvan gekom het. Hy sal tevrede wees met wat hy gedoen het. My dienaar was aan My gehoorsaam. Hy sal baie ander ook gehoorsaam aan My maak. Hy sal die straf op hulle sonde wegvat. Ek sal vir hom ’n plek gee tussen die belangrikes. Hy sal deel hê aan hulle eer. Hy was bereid om sy lewe op te offer. Hy het hom gewillig saam met die misdadigers laat tel. Hy was bereid om in te staan vir baie mense se sondes. Hy het vir die oortreders gepleit.
Lees Jesaja 53
Deel
Vergelyk alle weergawes: Jesaja 53:3-12
3 Days
Reflections on the events of Good Friday told by characters from the nativity stories. An imaginative exploration of the wonder of the nativity and the sacrifice of the crucifixion.
5 Days
These are unprecedented times for those of us who are alive on planet earth at this moment. Historically, we can find hope if we turn to the One who made it all and is Lord of all. What does the Bible say about why these things happen, what is God’s response to it, and what is my hope in life and death?
God is awakening His Church, and we need to see the big picture. When times get tough, we will be tempted to quit. It is not, however, time to quit. Join us as we learn how to read the times we are in, as well as gain strategies on how to stand and advance the Kingdom of God.
5 Dae
Yeshua kom terug! Die onvermydelike terugkeer van Yeshua is 'n waarheid wat ons binne die dieptes van ons wese moet koester. Dit is 'n idee wat deur ons siele weergalm, en weergalm in die kamers van ons gees. Die heilige tekste spoor ons aan om die verantwoordelikheid van gereedheid te dra, en herinner ons daaraan dat dit op ons rus om waaksaam te wees vir sy terugkoms. Wie in die Bybel het al vir Yeshua gewag? Wat doen ons totdat Hy terugkeer? Wat is ons verwagting? Sluit by ons aan op hierdie grootse avontuur!
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's