Jesaja 43:5-7

Jesaja 43:5-7 DB

Jy moenie bang wees nie, want Ek staan langs jou. Ek sal jou nageslag uit die ooste uit laat terugkom. Ek sal hulle bymekaarmaak uit die weste uit. Ek sal vir die noorde beveel om hulle terug te gee. Ek sal die suide belet om hulle terug te hou. Laat my seuns wat ver is, terugkom! Laat my dogters terugkom van die uithoeke van die aarde af waarheen hulle weggevoer is. Laat almal terugkom wat aan My behoort. Laat elkeen wat Ek gemaak het, terugkom om My te eer. Laat almal wat Ek geskep het en Myne gemaak het, terugkom.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid