Jesaja 4

4
1In daardie tyd sal sewe vroue op een man afstorm en hom smeek: “Trou tog met ons sodat ons kan sê jy is ons man en jy ons van ons verskriklike vernedering kan verlos. Jy hoef nie oor kos en klere bekommerd te wees nie, ons sal self daarvoor sorg.”
’n Belofte van herstel
2Maar daar kom ’n tyd waarin die Here elke boom en plant in Israel weer welig sal laat groei en sal laat vrugte dra. Dan sal die mense wat uit Israel oorgebly het, weer trots en opgewonde wees op die opbrengs van die land. 3Dan sal almal wie se name in God se boek opgeskryf is, dié wat die verwoesting van Jerusalem oorleef het, heilig genoem word. 4Die Here sal die inwoners van Jerusalem se morele vuilheid wegwas. Hy sal die bloed wat in Jerusalem vergiet is, verwyder deur sy Gees wat oordeel en verteer. 5Dan sal die Here die berg Sion en almal wat daar kom aanbid, beskerm. Bedags sal dit soos ’n wolk lyk en snags sal dit soos rook lyk met helder vlamme daarin. Hierdie magtige teenwoordigheid van die Here sal die hele stad beskerm soos ’n dak. 6Bedags sal dit skaduwee gee teen die son se hitte, en wanneer die storms en die reën kom, sal dit soos ’n skuilplek wees.

Tans Gekies:

Jesaja 4: DB

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid