Hosea 7:3-12

Hosea 7:3-12 DB

“Die koning is baie tevrede met die slegte dinge wat sy mense doen. Sy leiers glo al die leuens wat hulle verkoop. Intussen is hulle almal onderduimse rugstekers. Hulle staan net hulle kans en afwag. Dit is soos ’n warm oond wat staan en wag terwyl die bakker besig is om die deeg te knie om te kan rys. By die koning se partytjie maak hulle sy leiers dronk met wyn. Die koning stel ’n heildronk in op die mense wat met hom spot. Deur die nag beplan hulle om die koning dood te maak. Hulle is soos ’n oond wat wag om gebruik te word. In die oggend vat dit vlam. Soos die oond vlam hulle skielik op en verbrand hulle leiers. Hulle vermoor al hulle konings. Nie een van die konings het My kom vra om hulle te help nie.” “Efraim het met volke deurmekaargeraak wat nie in die Here glo nie. Hy het soos ’n ding geword wat net halfpad gaargemaak is en wat niemand kan eet nie. Mense wat hy nie eens ken nie, het sy geld gevat. Hy het dit nie eens agtergekom nie. Hy was nie eens bewus daarvan dat hy oud geword het nie. Niemand hou van Israel wat so verwaand is nie. Hy is te hoogmoedig om terug te kom na die Here sy God. Na alles wat met hom gebeur het, is hy steeds te trots om die Here te kom vra om hom te help. “Efraim is soos ’n duif wat sonder koers rondfladder. Hulle soek hulp by Egipte. Hulle hardloop agter Assirië aan. As hulle probeer oorvlieg na hierdie lande toe, lê Ek hulle voor. Ek gooi my vangnet oor hulle uit. Ek bring hulle af grond toe soos wanneer ’n mens ’n swerm voëls hoor kom en hulle met ’n net vang en almal aftrek uit die lug.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Hosea 7:3-12