Hebreërs 6:7-8

Hebreërs 6:7-8 DB

Laat ek dit vir julle met ’n voorbeeld verduidelik. Sê nou daar is twee stukke grond en op albei stukke grond val daar genoeg reën. Die een stuk grond lewer die pragtigste oes op en die boer is trots daarop. Van so ’n stuk grond hou God en God sal na so ’n stuk grond kyk. Maar die ander stuk grond is net vol nuttelose goed soos dorings en bossies. Dit is hopeloos en niks werd nie. God kan enige oomblik besluit om niks meer met daardie grond te doen te hê nie en om dit aan die brand te steek.