Daar is nie enige hemelse wese oor wie God ooit die dinge gesê het wat Hy oor sy Seun gesê het nie. Vir wie van hulle het Hy ooit gesê: “Jy is my Seun; Ek is jou Vader van vandag af,” of: “Ek is sy Vader en Hy is my Seun”? God het hierdie Seun van Hom die spesiale ereposisie as die oudste Seun gegee. Dit is ’n besondere voorreg. God sê dan: “Al die hemelse wesens moet Hom dien soos hulle My dien.” Wanneer God van die hemelse wesens praat, sê Hy wel: “God maak sy boodskappers soos die wind en sy dienaars soos weerligstrale.” Maar van sy Seun sê Hy: “U, o God, sal vir ewig en altyd heers. Soos ’n koning sal U vir altyd goed en reg regeer. U hou van dinge wat reg is en wil niks te doen hê met dinge wat verkeerd is nie. God het U gevra om oor alles te heers, terwyl almal baie bly was daaroor. Nie een van die ander wat saam met U daar was, het ’n kans gestaan nie.” God sê nog ander dinge ook oor sy Seun. Hy sê: “Here, U het alles begin. U het die aarde gemaak. Met u hande het U die hemel sy vorm gegee. Al hierdie dinge sal eendag vergaan en nie meer daar wees nie. Soos ’n stuk klere stukkend gaan en uiteindelik weggegooi word, so sal al dié dinge ook eendag verdwyn, maar U sal vir altyd daar wees. Soos klere sal U alles wat gemaak is, opvou en iets anders in die plek daarvan sit. U bly egter vir ewig en altyd dieselfde. U word nooit oud nie en sal ook nooit doodgaan nie.” Luister ’n bietjie, het God ooit dít van die hemelse wesens gesê: “Sit hier op die spesiale ereplek langs My tot Ek al jou vyande magteloos voor jou laat lê”? Is die hemelse wesens nie eintlik maar net geeste wat God stuur om sy mense te help nie?
Lees Hebreërs 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: Hebreërs 1:5-14
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's