God het tog nooit vir enige engel gesê wat Hy vir Jesus gesê het nie: “Jy is my Seun. Vandag het Ek jou Vader geword.” Op ’n ander plek sê God weer: “Ek sal sy Vader wees, en Hy sal my Seun wees.” En wanneer God die Eersgeborene in die wêreld inbring, sê Hy: “En laat al die engele van God Hom aanbid.” God sê van die engele: “Hy verander sy engele in stormwinde, sy dienaars in vuurvlamme.” Maar vir die Seun sê Hy: “U troon, o God, staan vir altyd onwankelbaar vas. U koninklike heerskappy word gekenmerk deur regverdigheid. U het lief wat reg is en U haat wat verkeerd is. Daarom het, o God, u God U met jubelende vreugde tot koning gesalf – ver verhewe bo almal saam met U.” En verder: “O Here, U het heel aan die begin die fondamente van die aarde gelê, en die hemele is u handewerk. Hierdie dinge sal vergaan, maar U bly vir altyd. Hulle sal almal soos klere verslete raak. Soos ’n oorkleed sal U hulle oprol; soos ’n bo-kleed sal hulle verander word. Maar U bly steeds Uself en U leef vir altyd.” En God het nooit aan ’n engel gesê nie: “Sit aan my regterhand totdat Ek jou vyande heeltemal aan jou onderwerp het.” Die engele is tog maar net diensknegte. Hulle is geestelike wesens wat God uitstuur in belang van daardie mense wat verlos gaan word.
Lees HEBREËRS 1
Luister na HEBREËRS 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: HEBREËRS 1:5-14
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's