Habakuk 2:2-3

Habakuk 2:2-3 DB

So het die Here my geantwoord: Skryf versigtig en duidelik op kleitablette neer wat Ek jou gaan wys sodat enige mens wat dit lees, nie kan wag om dit aan ander mense te vertel nie. Die dinge wat Ek vir jou gewys het en wat jy opgeskryf het, gaan nie nou dadelik gebeur nie. Maar binnekort gaan dit vir seker gebeur. Dit voel dalk vir jou of dinge sloer en of niks aan die gebeur is nie, maar wees geduldig. Jy sal sien, kom sal dit kom en niks en niemand sal dit kan terughou nie.