Genesis 39:1-6

Genesis 39:1-6 DB

Josef het toe uiteindelik in Egipte beland. Die Ismaeliete het hom soontoe gevat en hom daar aan ’n belangrike Egiptenaar, Potifar, verkoop. Potifar het in die farao se paleis gewerk en was die hoof van die koning se lyfwagte. Die Here was baie naby aan Josef en dit het goed met hom gegaan. Hy het in Potifar se huis gewoon en ook daar gewerk. Potifar het agtergekom die Here is naby Josef, want hy was suksesvol in alles wat hy gedoen het. Potifar het naderhand baie van Josef begin hou. Hy het hom toe as hoof van sy huis aangestel en al sy besittings aan Josef se sorg oorgelaat. Vandat Josef die hoof van sy huis en besittings geword het, het dit met Potifar ook goed begin gaan. Die Here het alles binne en buite sy huis ter wille van Josef geseën. Josef was in beheer van net mooi alles in die huis van Potifar. Al wat Potifar nog gedoen het, was om die kos te eet wat vir hom voorgesit is.

Video for Genesis 39:1-6