Genesis 1:17-20

Genesis 1:17-20 DB

God het hierdie twee ligte toe bo in die hemelruim geplaas, sodat dit lig op die aarde bring: die grote oor die dag en die kleintjie oor die nag. So is die lig van die donkerte geskei. En God was baie tevrede met die son en die maan wat Hy gemaak het. Dit het toe nag geword en weer dag. En dit was die vierde dag van die skepping. God het gesê: “Laat die waters wemel van alle soorte seediere en laat die voëls oor die lengte en die breedte van die hemelruim rondvlieg.”

Video for Genesis 1:17-20