Esegiël 2:7-8

Esegiël 2:7-8 DB

Jou werk is om alles wat Ek vir jou sê presies so vir hulle te sê, of hulle hulle daaraan steur of nie. Onthou dat hulle ’n klomp rebelle is. Hulle sal vir seker nie na jou luister nie! “En jy moet mooi luister na wat Ek nou vir jou gaan sê. Pas op dat jy nie ook teen My in opstand begin kom soos hierdie volk nie. Pas op dat jy nie ook later ’n rebel word soos die mense vir wie jy my boodskap moet gaan verkondig nie. “Maak nou oop jou mond. Ek wil vir jou iets gee wat jy moet eet.”

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid