Esegiël 16:13-14

Esegiël 16:13-14 DB

So het Ek jou mooi gemaak met die goud en silwer wat Ek ten duurste vir jou gekoop het. Jou klere was die duurste en die mooiste wat ’n mens in die hande kan kry. Jy het die beste en lekkerste kos gekry. En jy was mooier as ooit tevore. Vir My was jy die kosbaarste wat Ek het. Jy het soos ’n koningin gelyk, en jy was ook vir My ’n koningin! Die hele wêreld het van jou geweet. Hulle het gepraat oor hoe mooi jy was. Ek het jou so pragtig gemaak met alles wat Ek vir jou gegee het,” sê die Here, die God van Esegiël.