Eksodus 33:7-11

Eksodus 33:7-11 DB

Moses het ’n tent ’n hele ent weg van die laer af in die veld opgeslaan. Hy het dit genoem “die tent waar daar vir God raad gevra word”. Elkeen wat by die Here raad gesoek het, het soontoe gegaan. Wanneer Moses na hierdie tent toe gegaan het, het die hele volk by die ingang van hulle tente gaan staan. Hulle het hom agterna gekyk totdat hy in die tent ingegaan het. Sodra Moses in die tent ingegaan het, het die hoë wolk waarin die Here vroeër gedurende die dag voor die volk uitgetrek het, afgesak en oor die ingang van die tent gaan hang. Die Here het dan met Moses gepraat. Wanneer die volk die wolk oor die tent se ingang sien hang, het hulle uitgegaan en by die ingang van hulle tente gekniel en tot die Here gebid. In die tent het die Here met Moses gepraat soos vriende wat met mekaar sit en gesels. Wanneer Moses na die kamp toe teruggekom het, het sy jong helper, Josua die seun van Nun, by die tent agtergebly. Hy het nie daarvandaan af weggegaan nie.

Video vir Eksodus 33:7-11