Eksodus 27:20-21

Eksodus 27:20-21 DB

“Jy moet vir die Israeliete sê om vir jou suiwer olyfolie te bring. Jy moet dit gebruik om die lampe in die tent aan die brand te hou. Die lampe op die ligstaander in die tent moet dwarsdeur die nag bly brand. Aäron en sy seuns wat saam met hom in die tent werk, moet daarna kyk en sorg dat dit altyd brand in die deel voor die gordyn waaragter die ark met die bewys van die ooreenkoms is. Dit is ’n vaste reël in Israel wat deur elke daaropvolgende geslag gehoorsaam moet word.”

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid