“Jy moenie praatjies oor ander mense verder oorvertel as jy weet dit is nie waar nie. Jy moenie met oortreders saamsweer om saam met hulle in die hof te lieg nie. Jy moenie iets doen omdat almal dit doen nie. Jy moenie saam met almal iets doen as jy weet dit is verkeerd nie. Jy moet ook nie met almal saampraat wanneer hulle die waarheid verdraai net omdat jy wil hê hulle moet van jou hou nie. Jy moenie in ’n hofsaak die arm man se kant kies net omdat hy arm is en jy hom jammer kry nie.” “As jy op jou vyand se bees of donkie afkom wat verdwaal het, moet jy dit dadelik na hom toe terugvat. As jy ’n donkie sien wat onder sy vrag gaan lê het omdat dit vir hom te swaar was, moet jy dit nie net so laat lê nie. Gaan help sy eienaar om die donkie weer op sy voete te kry, al weet jy dis iemand wat nie van jou hou nie. Jy mag ook nie in ’n hofsaak die reg verdraai net omdat iemand arm is nie. Wees baie versigtig dat jy nie in bedrog betrokke raak en onskuldige en regverdige mense deur jou getuienis ter dood veroordeel word nie. Ek, die Here, kan nooit onreg goedpraat nie. Jy moenie omkoopgeld aanvaar nie. Omkoopgeld maak ’n mens blind vir die waarheid en verongeluk die saak van die regverdige. Jy moenie iemand wat van ’n ander land af kom, onbillik behandel nie. Jy was self ’n vreemdeling in Egipte en jy weet mos goed hoe dit is om ’n vreemdeling in ’n ander land te wees.” “Jy moet ses jaar lank op die lande saai en die oeste insamel. In die sewende jaar moet jy dit net so los en dit glad nie bewerk nie. Die arm mense van jou volk mag dan die graan eet wat vanself daar opkom. Wat hulle laat oorbly, kan die wilde diere eet. Dieselfde geld ook vir jou wingerde en jou olyfboorde. Jy moet vir ses dae aangaan met jou werk. Op die sewende dag moet jy dit net so los sodat jou bees en jou donkie kan rus. Jou werksmense en die mense wat van ’n ander plek af kom, moet kan ontspan en uitrus. Doen alles wat Ek vir jou gesê het. Jy moenie ander gode aanbid nie. Ek wil selfs nie eers hoor dat jy hulle name noem nie.”
Lees Eksodus 23
Deel
Vergelyk alle weergawes: Eksodus 23:1-13
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's