Eksodus 19:1-6

Eksodus 19:1-6 DB

Die Israeliete het van Rafidim af verder getrek. Toe hulle presies drie maande uit Egipte weg was, het hulle in die Sinaiwoestyn aangekom. Hulle het aan die voet van berg Sinai kamp opgeslaan. Moses het teen die berg uitgeklim na God toe. Die Here het bo van die berg af met hom gepraat en vir hom gesê: “Jy moet vir die nageslag van Jakob gaan sê, aan die Israeliete hierdie boodskap oordra: ‘Julle het gesien wat Ek met Egipte gemaak het. Ek het julle veilig hier by hierdie berg laat uitkom. Ek was soos ’n arend wat onder haar kuiken vlieg en keer dat hy val wanneer die kuiken leer vlieg. As julle regtig aan My gehoorsaam is en by my ooreenkoms met julle bly, sal julle uit al die volke van die hele aarde my eie persoonlike volk wees. Julle sal ’n volk wees van mense wat vir My offers bring en My dien. Julle sal ’n volk wees wat alles vir My doen.’ Dit is my boodskap wat jy vir die Israeliete moet gaan gee.”

Video vir Eksodus 19:1-6