Die man moet die leiding oor sy vrou neem soos Christus die leiding in sy kerk neem. Hy het mos sy kerk uit die kloue van die sonde gered. Soos die kerk dus die leiding van Christus aanvaar, so moet die vrou ook haar man se leiding in alles aanvaar. Vir die man wil ek die volgende sê: Jy moet jou vrou liefhê; wees lojaal teenoor haar en kom jou verpligtings teenoor haar na soos Christus dit teenoor sy kerk doen. Hy het selfs sy lewe ter wille van die kerk gegee toe dit nodig was. Dit het Hy gedoen sodat die kerk net God s’n kan wees en daar niks in die kerk moet wees wat nie by God pas nie. Dit het gebeur deur die doop en die Woord. So sal die kerk in ongekende heerlikheid by Hom wees. Daar sal niks met die kerk verkeerd wees nie en niemand sal enige fout met die kerk kan vind nie. Die kerk sal net God s’n wees en net vir Hom daar wees. Die man behoort net so lief te wees vir sy vrou as wat hy vir homself is. Buitendien, die man wat sy vrou liefhet, het eintlik homself lief, want hulle is mos een in die huwelik. Ek het nog nie van iemand gehoor wat homself vurig haat nie. Nee, hy kyk liewer na homself en versorg homself mooi. Dit is wat Jesus met die kerk doen, want die kerk is vir Hom sy eie liggaam. Die Skrif sê mos: “’n Man moet sy pa en ma verlaat en met sy vrou gaan saamleef. Die twee sal soos een mens wees.” Mense kan hierdie dinge nie altyd mooi verstaan of verklaar nie. Ek noem dit omdat dit vir ons iets leer oor die sterk band wat daar tussen Christus en sy kerk is. Dit geld ook van julle: elke man moet sy vrou net so liefhê as wat hy homself het, en die vrou moet haar man respekteer.
Lees Efesiërs 5
Deel
Vergelyk alle weergawes: Efesiërs 5:23-33
3 Days
Have you ever considered marriage? Have you ever wondered if your relationship is what God wants? Have you ever felt that singleness is just a last resort? Read on to find out what the Bible has to say about these important life stages.
5 Days
By focusing on our marriage within the context of Scripture, we give God the opportunity to reveal new insights about our relationship and strengthen our bond. This Plan features a focused passage of Scripture and quick thoughts each day to initiate discussion and prayer with your spouse. This five-day plan is a short-term commitment to help you invest in your lifelong relationship. For more content, check out finds.life.church
God doesn't hate dating, but He does have an opinion on relationships. He doesn’t hate dating apps, but He does want you to be wise in how you go about finding love. Explore what God thinks about where you date, who you date, how you date, and what you do on dates to ensure you’re ready to date for the right reasons in a way that honors and glorifies God.
5 dae
God wil hê jy en jou huweliksmaat moet ’n wonderlike, vervullende huwelik hê – om beste maats, passievolle liefdesmaats en geestelike sielsmaats te wees. Twyfel jy of so ’n huwelik selfs moontlik is? God verseker ons dit is moontlik! Dít was sy ontwerp. In hierdie 5-dag leesplan kyk Chip Ingram na Efesiërs 5 en deel hoe paartjies die vervulling waarna ons almal smag, kan vind.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's