Laat ons nie ophou om God, die Vader van ons Here Jesus Christus, te loof en groot te maak nie. Omdat ons Jesus s’n is, het God ons - wat eintlik niks was nie - baie belangrik kom maak. Hy het vir ons al die geestelike dinge gegee wat by God die moeite werd is vir ’n mens om te hê. Hy het ons wat aan Jesus behoort, gekies nog lank voor die wêreld gemaak is. Ons moet net Syne wees en daar moet niks in ons wees wat Hom ontevrede kan maak nie. Dit alles het Hy uit liefde gedoen. Ja, Hy het vooraf besluit om ons sy eie kinders te maak. Hy het besluit om dit te doen om geen ander rede as dat Hy dit graag vir ons wou doen nie. En dit is nie sommer net ’n storie nie - Jesus Christus het kom sorg dat dit regtig gebeur. Daarom moet ons vir ander vertel hoe wonderlik en groot God is en wat Hy alles vir ons gedoen het. Ons het niks verdien nie, maar God het dit verniet vir ons kom gee. Ek sê weer: Jesus, vir wie God so lief is, het kom sorg dat dit alles gebeur. Dit was soos ’n handelstransaksie: omdat ons so sondig was, was ons God se vyande. Toe kom Jesus en betaal wat nodig is om weer alles tussen ons en God reg te maak. Dit het Hom wel sy lewe gekos, maar die vrede is herstel tussen God en almal wat aan Jesus se kant staan. Dat God so iets gedoen het sonder om te vra wat ons kan terugbetaal, wys net hoe geweldig goed Hy vir ons is. Daar is eenvoudig geen einde aan al sy goedheid vir ons nie. As jy wonder waarom God so goed is, kan ek maar net sê dat God weet wat Hy doen, ja, Hy weet alles.
Lees Efesiërs 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: Efesiërs 1:3-8
5 dae
Met Kersfeestyd is dit maklik om in materialisme weggevoer te word soos buitensporige geskenke en uitspattige etes. In hierdie 5-dagleesplan herinner Trevor Hudson lesers om hul lewens aan God te wy en op Hom te fokus. Elke dag bevat Bybelverse, ’n gedagte vir die dag en ’n “oefening vir die dag”. Die inhoud van hierdie leesplan is gebaseer op Trevor Hudson se “’n Dieper verhouding met God”.
Vreugde vir vandag se oordenkings nooi jou om jou kommer en sorge elke dag aan die Vader se voete neer te sit. Vind jou hoop en vreugde in Jesus Christus. In sy krag kan jy enige uitdaging oorkom – solank jy vashou aan Hom en sy beloftes. Laat God jou anker wees en vind jou vreugde in Hom. Hy wil vir jou goed wees en sy seën oor jou uitstort.
6 days
Self-empowerment and personal development are prevalent concepts in our culture today. Being self-aware, responsible, and knowing your strengths and weaknesses is a plus in life. But, could popular self-affirmations be just far enough from the Truth that believing them could hold you back from living the very best life God has planned for you? Let’s dig into scripture in this 6-day plan by Robin Meadows to see what is revealed.
6 dae
Daar is soveel skrifte wat ons leer dat ons in die Woord moet bly en dat die Woord die kern van ons geestelike groei en ons groei in verhouding met Jesus is. Ek glo die dagstukkies oor God se beloftes kan jou ook help om te hoor hoe God met jou praat en jou ontmoet waar jy is.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's