Deuteronomium 32:10-14

Deuteronomium 32:10-14 DB

“Die Here het Israel in ’n woestyn gaan haal. Daar was niks in die woestyn om van te leef nie. Daar het Hy hierdie volk gered. Hy het hulle met sy liefde toegemaak en hulle beskerm. Hy het oor Israel wag gehou asof Israel sy kosbaarste skat en besitting is. Hy het hulle opgepas en gelei op die beste pad. “’n Arend skop op ’n dag haar kleintjies wat te groot geword het, uit die nes uit. Hulle moet op hulle eie begin kos soek en hulle eie nes skrop. Maar wanneer sy hulle uitskop, vlieg sy onder hulle in sodat sy haar kuikens eers op haar vlerke dra. Sy doen dit totdat hulle self kan vlieg, en genoeg selfvertroue het om oor die weg te kom. Net so het die Here sy volk gelei. Hy alleen het vir sy volk gesorg. Hy het hulle gedra. Geen ander god het Hom gehelp nie. Israel het net voor die Here gebuig. “Dis die Here wat vir sy volk hierdie mooi land gegee het. Hy het dit vir hulle as ’n geskenk gegee. Hierdie land het genoeg dat sy inwoners kon eet tot hulle versadig is. Daar was heuning wat jy oral in die veld kon kry. Daar was olie wat uit die harde klip gemyn kon word. Die mense het botter van melk gemaak. En hulle het melk van hulle vee gekry. Daar was vet lammers en skaapramme en bokramme uit Basan om te eet. Hulle het die beste koring gehad. Daar was genoeg wyn om te drink wat hulle van die beste druiwe gemaak het. Die Here het dit vir hulle gegee.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor Deuteronomium 32:10-14