Deuteronomium 32:10-14

Deuteronomium 32:10-14 AFR20

Hy het sy volk in 'n woestynland gevind, in 'n onherbergsame streek met die wildernis se gehuil. Hy het hom omring, hom versorg, hom beskerm soos die appel van sy oog. Soos 'n arend sy neskuiken aanspoor, bo sy jong kuiken fladder, sy vlerke oopsprei en hom vang, hom op sy penvere dra, het net die HERE hom gelei; daar was geen vreemde god by hom nie. Die HERE het hom laat ry oor die hoogtes van die aarde. Hy het die opbrengs van die veld geëet. Die HERE het hom gevoed met heuning uit 'n rotsskeur, met olie uit 'n klipharde rots, met die dikmelk van beeste, die melk van kleinvee, ook met die vet van slaglammers, ramme uit Basan, ook bokramme, en met die fynste koringmeel. En druiwebloed het jy gedrink – gistende wyn.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Deuteronomium 32:10-14