Kolossense 4:5-6

Kolossense 4:5-6 DB

As julle met mense te doen kry wat nie Christene is nie, moet julle julle veral goed gedra. Gebruik elke oomblik om ’n positiewe invloed op hulle uit te oefen. Dit moet ook altyd vir mense lekker wees om met julle te gesels. Na elke gesprek moet hulle voel dat dit die moeite werd was. So ’n ingesteldheid sal julle help om te weet in watter rigting om gesprekke te stuur en wat om volgende te sê.