Julle is nie die enigstes wat die goeie nuus gehoor het nie. Oor die hele wêreld het die wonderlike nuus al by mense uitgekom en steeds versprei dit soos ’n veldbrand. Net mooi oral kom ’n mens die vrugte daarvan teë. Julle het self mos ervaring daarvan. Van die dag af dat dit tot julle deurgedring het hoe goed God vir julle is sonder dat julle dit regtig verdien, weet julle dat die ware God aan die werk is. By Epafras het julle alles geleer. Hy is regtig ’n staatmaker en ek hou baie van hom. Hy werk hard saam met my vir die Here. Hy is iemand op wie Christus regtig peil kan trek. Julle het natuurlik ook die vrugte van sy goeie werk gepluk. Dit is juis by hom dat ons gehoor het hoe lief julle mekaar het. God se Gees werk mos in julle. Vandat ons al hierdie dinge oor julle gehoor het, bid ons aanmekaar vir julle. Ons vra dat God vir julle al die kennis sal gee wat julle nodig het om reg te leef. Mag die Heilige Gees julle duidelik wys hoe julle moet leef. Dan behoort julle mos nie te twyfel oor wat presies God van julle wil hê nie. En as julle weet wat om te doen en dit doen, sal die Here trots wees op julle en tevrede voel oor hoe julle leef. Mag alles wat julle doen vir julle goeie vrugte dra en julle meer van God se plan vir julle lewe laat verstaan.
Lees Kolossense 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: Kolossense 1:6-10
5 Days
Embracing the supernatural reality of the spiritual world of the Bible is essential for understanding the Bible. Though we can’t see everything, God is working behind the scenes to cause everything promised in the Bible to come to pass. This 5-day plan will challenge you to live intentionally—and believe that His unseen hand is engaged in your circumstances.
7 Days
When the Bible is confusing, Through the Word explains it with clear, concise audio guides for every chapter. Here in Colossians, Kris Langham guides us as we learn who Jesus is and how to follow Him today. We’ll also get great insight on God’s directions for marriage and work, and what it means to be remade in His image. Plus the Bible’s antidote to weird Christianity! Welcome to Colossians Explained.
15 Days
If you’re new to Jesus, new to the Bible, or helping a friend who is - Start Here. For the next 15 days, these 5-minute audio guides will walk you step-by-step through two fundamental Bible books: Mark and Colossians. Track Jesus’ story and discover the basics of following Him, with daily questions for individual reflection or group discussion. Follow once to get started, then invite a friend and follow again!
15 Dae
“Bewaar Jesus eerste” is die fokus van die brief aan die Kolossense, wat hulp bied in hoe om in volle identiteit met Christus te wandel. Reis daagliks deur Kolossense terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's