Kolossense 1:18-19

Kolossense 1:18-19 DB

Boonop is Hy ook die Een wat sorg dat die heelal nie in duie stort nie. Die kerk kan met ’n liggaam vergelyk word. Die belangrikste deel, die kop van die liggaam, is God se Seun. By Hom het alles begin en Hy neem in alles die leiding. Hy het eerste uit die dood opgestaan. God het mos self besluit om volledig by sy Seun te wees.