Die Here sê: “Van al die baie sondes wat Moab al gedoen het, is daar een wat Ek altyd teen hom sal hou. Hy het die koning van Edom se eer vernietig. Hy het sy geraamte gevat en dit tot as gaan verbrand. Ek sal oorlog teen Moab laat uitbreek. Sy skuilplekke in Kerijot sal tot op die grond afgebrand word. Moab se mense sal in die oorlog omkom. Hulle sal inmekaarstort wanneer die trompet geblaas word wat die oorlog laat begin. Ek sal Moab se koning uitwis. Ek sal al sy leiers saam met hom laat doodmaak.” So sê die Here oor Moab. Die Here sê: “Van al Juda se baie oortredings is daar een spesifiek wat Ek nooit sal oorsien nie. Hulle het die wet van die Here verwerp. Hulle steur hulle glad nie aan die reëls van die Here nie. Dieselfde gode van leuens en bedrog waaragter hulle voorouers aangeloop het, het hulle laat ontspoor. Ek sal ’n vuur wat alles verteer teen Juda aan die brand steek. Dit sal die skuilplekke in Jerusalem verwoes.”
Lees Amos 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: Amos 2:1-5
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's