’n Rukkie later het ’n engel van die Here na Filippus gekom en vir hom gesê: “Jy moet dadelik vertrek. Vat daardie verlate pad vanaf Jerusalem na Gasa toe. Begin stap in ’n suidelike rigting.” Filippus het dit gedoen. Langs die pad het hy op ’n Etiopiër afgekom. Dit was ’n ontmande amptenaar wat in diens van koningin Kandake van Etiopië was. Hy was haar minister van finansies. Hierdie man was pas in Jerusalem om God te gaan aanbid. Nou was hy weer op pad terug na sy eie land toe. Filippus het van ver af gesien hoe hy op sy wa sit en lees. Hy was besig om hardop uit die profeet Jesaja te lees. Die Heilige Gees sê toe vir Filippus: “Gaan na daardie man toe. Klim by hom op sy wa.” Filippus het vinnig nader gehardloop en gehoor hoe die amptenaar uit die profeet Jesaja sit en lees. “Verskoon tog, Meneer, maar verstaan jy wat jy daar lees?” het hy hom gevra. “Nee, want ek het niemand om vir my te verduidelik wat dit alles beteken nie,” het die Etiopiër geantwoord. “Maar wag, klim hier langs my op die wa. Dalk kan jy my help,” het hy vir Filippus gesê. Filippus sien toe dat hy besig was om die volgende verse uit Jesaja te lees: “Hy is soos ’n skaap na die slagpale toe gevat om geslag te word. Hy is soos ’n lam wat nie ’n geluid maak wanneer hy geskeer word nie; hy het nooit eens sy mond oopgemaak nie. Die mense het hom verneder. Hy is glad nie regverdig verhoor nie. Hulle het hom doodgemaak. Wie sal nou as sy nageslag beskou word?” Die amptenaar vra toe vir Filippus: “Sê my, oor wie skryf die profeet hier?” Filippus het
Lees Handelinge 8
Deel
Vergelyk alle weergawes: Handelinge 8:26-34
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's