Stefanus, een van die sewe helpers, het God se goedheid en krag elke dag beleef. Net soos die apostels het hy ook baie wonderwerke onder die mense gedoen. Daar was ’n klomp Jode wat niks gehou het van wat Stefanus sê nie. Hulle het in ’n sinagoge in Jerusalem bymekaargekom waar mense wat eens op ’n tyd slawe was vir God aanbid het. Hierdie mense, wat uit gebiede soos Sirene, Aleksandrië, Silisië en Asië gekom het, het met hom begin stry. Maar hulle het elke keer sleg daarvan afgekom. Hulle was nie opgewasse teen Stefanus se insig in God se raadsplan nie.
Lees Handelinge 6
Deel
Vergelyk alle weergawes: Handelinge 6:8-10
7 dae
Weet jy wat dit beteken om "te wandel in die Gees"? Nou kan jy eerstehands uitvind wie die Heilige Gees is, aan wie Hy as gawe gegee word en hoe Hy sy verstommende funksie vervul. Die boek Handelinge is 'n goudmyn van onmeetbare waarhede. Ontdek self die dinamiese werking van God se Gees in die lewens van die eerste gelowiges.
10 Dae
As gelowiges is dit so belangrik om saam te reis deur Bybelboeke. Hierdie reeks is bedoel vir elkeen wat wil reis deur die Boek Handelinge met 'n spesifieke fokus op sekere tekste en wat dit vir ons sê van die kerk. Sluit aan by ons.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's