Doen alles wat hy vir julle sê! Elkeen wat nie na hom luister nie, sal doodgemaak word. Hulle sal nie meer deel wees van God se volk nie.’ “Al die ander profete daar van Samuel se tyd af het presies dieselfde gesê. “Julle is mos die nageslag van die profete. God het sy groot ooreenkoms met julle voorvaders gesluit. Hy het vir Abraham gesê: ‘Baie mense hier op aarde sal nog my goedheid beleef omdat Ek hierdie ooreenkoms met jou en jou nageslag gesluit het.’ “Julle staan vandag heel voor in die ry. Nadat God Jesus weer lewendig gemaak het, het Hy Hom heel eerste na julle toe gestuur om te wys hoeveel Hy vir julle omgee. Daarom moet julle julle sondes laat staan.”
Lees Handelinge 3
Deel
Vergelyk alle weergawes: Handelinge 3:23-26
10 Dae
As gelowiges is dit so belangrik om saam te reis deur Bybelboeke. Hierdie reeks is bedoel vir elkeen wat wil reis deur die Boek Handelinge met 'n spesifieke fokus op sekere tekste en wat dit vir ons sê van die kerk. Sluit aan by ons.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's