Handelinge 15:36-41

Handelinge 15:36-41 DB

Op ’n dag het Barnabas vir Paulus kom sê: “Kom ons gaan lê weer besoek af by die gelowiges in al die stede waar ons vroeër die Woord van die Here verkondig het. Dan kan ons sien hoe dit met hulle gaan.” Barnabas wou vir Johannes Markus saamvat. Maar Paulus was nie bereid om Markus saam te neem nie. Hy het hulle die vorige keer daar by Pamfilië in die steek gelaat. Hulle twee het toe oor Markus aan die stry geraak. Later het hulle so ernstig van mekaar verskil dat hulle besluit het om elkeen sy eie koers te gaan. Barnabas het toe vir Markus gevat en met ’n skip na Siprus vertrek. Op sy beurt het Paulus vir Silas, wat intussen weer na Antiogië toe gekom het, as sy nuwe helper gekies. Die gemeente van Antiogië het vir hulle gebid en hulle aan die goedheid en sorg van die Here opgedra. Daarna het Paulus en Silas na Sirië en Silisië vertrek. Hulle het die gelowiges daar gaan moed inpraat en vir hulle gesê om aan te hou om in God te glo.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Handelinge 15:36-41