Handelinge 1:4-9

Handelinge 1:4-9 DB

Eenkeer toe hulle almal so saam was, het Jesus vir hulle gesê: “Moenie uit Jerusalem weggaan nie. Bly daar totdat my Vader die belofte wat Hy aan julle gemaak het, waar laat word.Vroeër het Ek vir julle gesê dat Johannes die Doper julle met water doop, maar dat God julle binnekort met die Heilige Gees gaan doop. Dit is hierdie belofte waarop julle nog so ’n klein rukkie moet wag.” ’n Ander keer het een van die apostels vir Jesus gevra: “Here, sê asseblief vir ons, gaan U Israel nou weer tot sy vorige glorie herstel, soos in die dae toe ons nog ons eie koning gehad het?” Daarop het Jesus geantwoord: “Dit is vir God om oor hierdie dinge te besluit, nie vir julle nie. “Al wat julle hoef te weet, is dat God met sy groot krag in julle lewe sal werk wanneer die Heilige Gees na julle toe kom. Dan gaan julle oral oor My praat: hier in Jerusalem, maar ook in die hele Judea en Samaria. Ja, selfs tot aan die verste uithoeke van die wêreld.” Na hierdie woorde het Jesus van die Olyfberg af na die hemel teruggekeer.

Video for Handelinge 1:4-9

Gratis leesplanne en oordenkings oor Handelinge 1:4-9