2 Petrus 2:1-3

2 Petrus 2:1-3 DB

Ongelukkig was daar nog altyd ’n klomp vals profete in Israel. Binnekort gaan dieselfde daar by julle gebeur. ’n Klomp mense sal allerhande skewe sienings oor God daar by julle probeer insmokkel. Hulle sal ’n bespotting maak van die Here wat hulle losgekoop het. Ek sê vir julle: hulle oordeel is voor die deur, en baie gou ook! Hulle sal baie mense ompraat om allerhande afstootlike sondes saam met hulle te doen. Dit sal maak dat mense allerhande slegte dinge oor die Pad van die Waarheid begin kwytraak. Hierdie mense is ’n spul geldwolwe. Hulle sal die vroomste stories aan julle opdis net om julle geld in die hande te kry. Maar dit sal hulle nie help nie. God het al lankal besluit wat Hy met hulle gaan doen. Hulle ondergang staan vas.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid