2 Korintiërs 8:2-4

2 Korintiërs 8:2-4 DB

Maar al hierdie ernstige terugslae en swaarkry het hulle blydskap nie ’n enkele oomblik gedemp nie. Hulle het heeltyd opgeruimd gebly. Hulle is ook verskriklik arm. Dit het egter nie gekeer dat hulle sommer ’n groot bedrag geld gegee het vir die kollekte wat ek op die oomblik vir die arm Christene in Judea insamel nie. Ek het met my eie oë gesien dat hulle soveel gegee het as wat hulle kon. Nee, hulle het baie meer gegee as wat hulle kon bekostig. Daardie Christene van Masedonië het my omtrent gesmeek om deel te kon hê aan hierdie hulpprojek. Hulle was so bekommerd oor die gelowiges in Judea dat hulle met alle mag en mening by hierdie geldinsameling betrokke wou raak.