Ek wil julle gou ’n stukkie goeie raad gee. Onthou julle hoe julle ’n jaar gelede besluit het om by die geldinsameling vir Jerusalem betrokke te raak? Ek onthou nog baie goed hoe ywerig julle toe begin geld insamel het. Handel hierdie geldinsameling asseblief nou af. Sit weer geld daarvoor opsy. Doen dit met dieselfde geesdrif waarmee julle verlede jaar begin het. Die belangrikste van alles is dat julle julle geld met die regte gesindheid sal gee. Dan maak julle God se hart sommer baie bly. Natuurlik vra God nie meer van julle as wat julle besit nie. Nee, dra net tot die fondsinsameling by uit die geld wat julle tot julle beskikking het. Julle hoef regtig nie elke sent op julle naam weg te gee nie. Daar moet ewewig in die kerk wees wanneer gelowiges mekaar geldelik help. Dit moet só gedoen word: julle wat nou genoeg geld het, moet daardie Christene help wat te min geld het. Later, wanneer julle weer te min geld het, moet hulle julle kom uithelp. So kom daar ewewig. Dit is presies wat die Bybel sê: “Hy wat baie besit, het nie te veel nie. Hy wat ’n bietjie besit, het nie te min nie.”
Lees 2 Korintiërs 8
Deel
Vergelyk alle weergawes: 2 Korintiërs 8:10-15
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's