2 Kronieke 27

27
Jotam regeer in Juda
1Jotam was 25 toe hy koning geword het. Hy het sestien jaar lank in Jerusalem regeer. Sy ma was Jerusa, ’n dogter van Sadok. 2Die Here was tevrede met wat Jotam gedoen het, soos dit met sy pa Ussia die geval was. Jotam het darem nie in die tempel van die Here ingegaan nie. Die volk het egter steeds aangehou om verkeerde dinge te doen.
3Jotam het die boonste poort van die tempel laat bou. Hy het heelwat bouwerk aan die Ofelmuur laat doen. 4Hy het ook dorpe in die heuwelland van Juda laat bou en forte en torings in die beboste gebiede.
5Jotam het ’n suksesvolle veldtog teen die Ammoniete gevoer en hulle oorwin. Hy het hulle in daardie jaar met omtrent drie en ’n halwe ton silwer, meer as 1 500 ton koring en amper net soveel gars belas. Die Ammoniete moes dié belasting nog vir twee jaar daarna ook aan hom betaal.
6Jotam het magtig geword omdat hy probeer doen het wat die Here sê.
7Die res van Jotam se geskiedenis, die oorloë wat hy gevoer het en die projekte wat hy aangepak het, is alles in Die Geskiedenis van die Konings van Israel en Juda opgeskryf. 8Hy was 25 toe hy koning geword het. Hy het sestien jaar lank in Jerusalem regeer. 9Na sy dood is hy in die Dawidstad begrawe.
Sy seun Agas het hom opgevolg.

Tans Gekies:

2 Kronieke 27: DB

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan