Gelukkig is ek nie oor julle bekommerd nie, my broers en susters. Julle leef nie in die donker nie; daarom sal die dag van die Here julle nie onkant betrap nie. Julle sal gereed wees, want julle leef altyd in die Here se lig. Ons as gelowiges is immers dagmense, nie nagmense nie. Ons het niks om vir Hom weg te steek nie. Ons mag nie aan die slaap wees soos daardie mense wat niks met die Here te doen wil hê nie. Nee, ons moet helder wakker wees. Ons moet reg leef. Die sonde is soos ’n slaappil. Dit sus mense aan die slaap. Daarom strompel daardie spul wat hulle aan drank oorgee soos slaapwandelaars van die een dronkpartytjie na die ander. Gelukkig het die Here ons uit ons slaap wakker gemaak. Ons is dagmense wat die Here se spesiale wapens moet aantrek. Geloof en liefde is die eerste spesiale wapen wat die Here vir ons gee om ons hart soos ’n pantser te beskerm. Ons moet al ons vertroue in God stel om ons te lei. Die tweede wapen wat die Here ons gee, is ’n vaste oortuiging hier binne-in ons dat ons onderweg is na die Here se wêreld. Dit pas soos ’n sterk helm op ons kop.
Lees 1 Tessalonisense 5
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 Tessalonisense 5:4-8
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's