Maar toe Timoteus daar van julle af terugkom, het hy goeie nuus vir my gehad. Hy het kom vertel dat julle vertroue in die Here sterk is en dat julle vir mekaar lief is. Boonop het julle die mooiste herinneringe aan my en verlang julle om my weer te sien; net soos ek ook na julle almal verlang. Tussen al die vervolging en swaarkry deur wat ek moet verduur, het die nuus dat julle steeds glo my sommer baie moed gegee. Nou leef ek weer met ’n glimlag omdat julle steeds op die Here se pad stap. Hoe kan ek ooit vir God genoeg dankie sê vir julle almal? Julle verander my gebede in een groot fees! Want ek hou net aan om dank aan ons wonderlike God te bring oor julle. My lewe loop oor van vreugde oor julle! In dieselfde asem bid ek nog die hele tyd baie ernstig dat God dit vir my moontlik sal maak om weer daar by julle uit te kom. Ek wil julle baie graag weer sien. Ek moet julle geloof nog sterker maak sodat daar niks in julle geestelike toerusting sal ontbreek nie. Ek vertrou op ons God en Vader en op ons Here Jesus om my op die regte tyd daar na julle toe te laat kom. My gebed is dat die Here julle baie lief vir mekaar sal maak. En ook vir ander mense. Mag julle liefde net sterker en sterker word. Julle moet net so lief wees vir ander as wat ek nou vir julle is. Ek bid dat julle lewe van binne af sal verander sodat julle die hele tyd net vir God sal leef. Dan sal daar nie ’n enkele krapmerk van die sonde in julle lewe te sien wees as julle op die laaste dag voor God ons Vader moet gaan staan nie. Op daardie dag wanneer ons Here Jesus en almal wat aan Hom behoort, terugkeer, sal julle spesiaal aan God toegewy wees. Dit is die waarheid!
Lees 1 Tessalonisense 3
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 Tessalonisense 3:6-13
9 Dae
“Staan vas in jou geloof!” Is die uitdaging van hierdie tweede brief aan die Tessalonisense wat ons daaraan herinner dat Jesus vir ons terugkom. Reis daagliks deur 2 Tessalonisense terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
15 Dae
“Het jy gehoor Jesus kom terug?” – dit is die herinnering in hierdie eerste brief aan die Tessalonisense, wat almal uitdaag om “nog meer uit te blink” in geloof, hoop en liefde. Reis daagliks deur 1 Tessalonisense terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
30 Days
Every journey requires supplies. On the journey of life, some of the best supplies are God’s Word and a bit of encouragement from friends. This Our Daily Journey reading plan features 30 days of writing from trusted authors whose insights speak into your life. Each short devotional contains a story supported by multiple Scripture references as well as a “Next” section to help you think more deeply. Make the most of your devotional time with truth and encouragement from Our Daily Journey.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's