1 Petrus 2:1-3

1 Petrus 2:1-3 DB

Maak julle lewe skoon. Raak ontslae van slegte en oneerlike dinge. Moenie agter iemand se rug iets anders wees as wat julle voor hom is nie. Jaloesie bring julle niks in die sak nie, en om sleg te praat van ander nog minder. ’n Babatjie wat pas gebore is, is dors vir ’n bietjie melk. Net so moet julle altyd die skoon, geestelike melk wil hê. Dit sal julle geestelik groot en sterk laat word as mense wat God s’n is. Julle het mos al ’n voorsmaak gehad van hoe goed die Here is.

Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 Petrus 2:1-3