Elia het Elisa raakgeloop waar hy op die land besig was om te ploeg. Daar was twaalf spanne osse wat geploeg het. Elisa het saam met die twaalfde span geloop. Elia het tot by hom gestap, sy mantel om Elisa gesit en toe verder geloop. Elisa het sy osse net so gelos en agter Elia aangehardloop. “Meneer,” het hy gesê. “Meneer, asseblief, wag net ’n rukkie. Ek wil net my pa en ma gaan groet en dan is ek nou-nou terug.” “Dit is goed so,” het Elia gesê. “Het ek enigiets aan jou gedoen?” Toe Elisa terugkom, het hy al die osse doodgemaak en ’n groot vuur gemaak. Hy het al die vleis gebraai en dit toe vir die werkers en hulle gesinne gegee. Na die groot afskeidsete is Elisa saam met Elia daar weg. So het Elisa Elia se helper geword.
Lees 1 Konings 19
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: 1 Konings 19:19-21
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's